3 Henog

3 Henog, of die Derde Boek van Henog (Hebreeus: ספר חנוך לר׳ ישמעאל כ׳׳ג), is ’n apokriewe boek. Dit gee voor dat dit in die 2de eeu geskryf is, maar die oorsprong daarvan kan eers na die 5de eeu teruggespoor word.[1] Ander name vir 3 Henog sluit in Die Boek van die Paleise en Die Openbaring van Metatron.

Die naam "Boek van Henog" verwys gewoonlik na 1 Henog, wat net in Ge'ez volledig bewaar gebly het. Daar is ook ’n Tweede Boek van Henog, wat net in Oudslawies bewaar gebly het.[2][3]

  1. Craig A. Evans (1992). Noncanonical Writings and New Testament Interpretation. p. 24.
  2. "2 Enoch". www.earlyjewishwritings.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2019. Besoek op 21 Januarie 2020.
  3. "St. Andrews" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2008. Besoek op 8 Maart 2006.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search